Die feesterrein is in Irene, Pretoria. Laai gerus die kaart af na die terrein.
Naweekbesoekers
Die beste manier om die hele fees te beleef is om te kom bly op die feesterrein en ‘n kaartjie te koop vir die naweek. Met ‘n naweekkaartjie het jy verblyf, toegang tot ALBEI die Aandfees produksies en die Dagfees!
Gemeentes word aangemoedig om jeuggroepe te bring vir die naweek. Groepe kan saam met ouers / jeugwerkers / dominee / pastoor / leiers kom bly vir die naweek.
Dagbesoekers
Dagbesoekers is ook welkom vir die Vrydag of Saterdag van die fees. Dit gee vir jou toegang tot die dagfees, aandfees en stalletjies
Akkommodasie
Daar is twee tipes akkommodasie beskikbaar by die fees:
Tentedorp:
Elkeen bring sy eie tent en slaapgoed. Jy bespreek ‘n tentstaanplek. Daar sal elektrisiteit by staanplekke wees.
Houthuisies:
Daar is ‘n beperkte hoeveelheid plek in houthuisies wat elk 2 stapelbeddens (dus 4 persone) in het.
Die feesterrein se kapasiteit moet ons ongelukkig beperk. Indien jy nie vroeg genoeg bespreek nie, sal jy moontlik by ander plekke in die omgewing moet bly en as dagbesoeker die fees bywoon.
Kos en etes
Die fees verskaf nie etes as deel van naweek- of dagtoegang nie. Die naweekbesoekers kan self kos maak in die tentedorp of by die huisies. Daar is wel stalletjies wat ‘n verskeidenheid kos verkoop teen billike pryse. Nader aan die tyd sal al hierdie inligting beskikbaar gestel word.
Tye van die fees
Die feesterrein sal oop wees van 14:00 Vrydag 29 Augustus 2008 tot 09:00 Sondag 31 Augustus. Die fees eindig met Saterdagaand se Aandfees maar naweekbesoekers kan oorslaap Saterdagaand en weer die Sondag oggend vertrek.
Die rede vir die Sondag oggend vertrek is die gebruik van die terrein op Sondae.