algemeen      info      aandfees      dagfees      kunstenaars      program      bespreek      kontak      tuis
   


AANDFEES

Die Aandfees vind plaas op Vrydag en Saterdag (29 Aug en 30 Aug ’08) op die hoofverhoog. Naweekbesoekers se kaartjies sluit albei die Aandfeeste in. Dagbesoekers se kaartjies sluit die dag se Aandfees in. Daar is plek vir 3000 mense in totaal vir die Aandfees. So koop gou jou kaartjies!

Die Aandfees is presies dit – ‘n Fees! Van ons land se top name in lof en aanbiddingsmusiek sal by beide die Aandfeeste optree. Die Aandfees word deur Louis Brittz vervaardig! Die doel van die Aandfees is die tentoonstelling van nuwe lof en aanbiddingsmusiek wat deur gemeentes gesing kan word. Daar sal ook van die musikante se eie musiek te hore wees.

Die wenners van die JONK LIVE Liedjieskryf kompetisie sal ook tydens die Aandfees aangekondig word.

Kunstenaars wat tydens die Aandfeeste sal optree:

Retief Burger
Leza Liversage (van die Luidkeels span)
Louis Brittz
Stass
Vertikaal
Luidkeels Kids (CD Bekendstelling)
Nog ‘n paar verrasings!